Die reëls en ‘n inskrywingsvorm kan by www.miss-surf.co.za gevind word. Die sluitingsdatum vir gratis inskrywings is op Vrydag 15 April, maar laat inskrywings teen R50 sal op die dag aanvaar word.
Op dieselfde dag vind die Mej Tiener Brander kompetisie om 11:00 plaas. Die wenner kwalifiseer vir die eindronde van Mej Tiener Internasionaal SA.
Kaartjies teen R50 vir Mej Tiener Brander en R100 vir Mnr & Mej Brander sal by die saal beskikbaar wees. Die gehoor-stem tel 33% van die finale telling, so bring soveel ondersteuners moontlik saam.